
Series
Arende – Season 1
Teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog word die Kaapse boer Sloet Steenkamp aan hoogverraad skuldig bevind nadat hy hom by die Boererepublieke aangesluit het. Sy doodsvonnis word op die laaste oomblik verander na lewenslange ballingskap in die berugte Deadwood-krygsgevangenekamp op St. Helena.
Terwyl Sloet vasbeslote is om sy vryheid terug te wen, moet sy vrou, Annette, alleen na hul plaas omsien. In die kamp bots sy opstandige geaardheid met die Britse owerhede, veral kaptein James Kerwin. Arende is ’n aangrypende verhaal van eer, liefde, opoffering en ’n man se onwrikbare stryd om terug te keer huis toe.
Episodes
Season 1
Sloet Steenkamp word weens hoogverraad ter dood veroordeel nadat hy tydens die Anglo-Boereoorlog aan die kant van die Boererepublieke geveg het. Net…
Die omstandighede in Deadwood-kamp is haglik, maar Sloet weier om sy lot gelate te aanvaar en begin aan ’n ontsnappingsplan werk. Die…
Annette hou Mees Mouton op ’n afstand, ondanks sy aanhoudende toenadering. In die kamp dreig sersant Stewart om Kortgiel se lewe ondraaglik…
Sloet se ontsnappingstonnel is byna voltooi wanneer ’n Britse soldaat dit ontdek. Die hele eiland word deursoek en Sloet moet alles in…
Annette erken teenoor Adam dat sy nie meer glo Sloet sal ooit terugkeer nie. Sy vertel ook vir Mees hoe moeg sy…
Sam probeer rosyne en piesangbier by Deadwood-kamp insmokkel, maar word amper deur die wagte betrap. Die gevaarlike onderneming kan ernstige gevolge vir…
’n Maagvirus versprei vinnig deur Deadwood-kamp en die gevangenes eis behoorlike mediese behandeling. Die situasie bereik breekpunt wanneer Skurf doodgeskiet word en…
Buks en Keet neem die Wilks-gesin in die goewerneur se woning gyselaar. Hulle dwing Wilks om aan die koningin te skryf en…
Die krygsgevangenes berei hulle voor vir ’n gespanne optog. Sersant Stewart verbied enige vorm van geweld, maar die bitterheid en onrus onder…
Goewerneur Wilks waarsku kaptein Kerwin om weg te bly van Jo-Ann. Terwyl persoonlike konflikte en die spanning op St. Helena tot ’n…